MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie het 4 verdagtess vasgetrek wat vandag omstreeks 12:00 'n huis in Mthalastraat ingegaan en by die vrou op dwelms aangedring het.
'n Struweling het ontstaan en die vrou is aangerand.
Die mans het die vrou op die grond neergegooi en van R374 beroof. Sy is met 'n mes op haar regterhand gesteek.
Die vrou het die voorval by die polisiestasie aangemeld.
Twee polisielede, konstabel Taljaard en konstabel Ntaba het na die misdaadtoneel gegaan waar hulle die 4 verdagtes steeds op die toneel gekry en arresteer het.
Enige persoon met inligting oor die voorval word versoek om die KwaNonqaba-polisie (044 606 5600) te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'