Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - Vier vissermanne is dood en een word steeds vermis nadat ‘n boot op die rotse naby Gouritsmond geloop het.
Nog twee vissermanne is beseer en na ‘n hospitaal geneem.
Volgens voorlopige inligting van die Nasionale Seereddingsinstituut is ‘n noodsein vroeg vanoggend om ongeveer 07:30 vanaf die Dijaanda visserboot ontvang.
‘n Dringende soek-en-reddingsoperasie is van stapel gestuur en die Dijaanda is op die rotse in die Gouritsomgewing gevind.
Die soektog na die vermiste visserman duur voort.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’