WES-KAAP NUUS - Vyf-en-dertig mense is sedert Vrydag op die Wes-Kaapse paaie vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Provinsiale verkeershoof, Kenny Africa sê drie mense is sedert Vrydag in motorbotsings op die provinsie se paaie dood.
Dit sluit in twee manlike passasiers en ‘n 23-jarige voetganger wat deur ‘n voertuig naby Thembalethu, George getref is.
Africa sê die bestuurder met die hoogste alkohollesings is op Mosselbaai vasgetrek.
Die man was vyf keer oor die wettige limiet en sal vandag in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op ‘n aanklag van dronkbestuur.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'