MOSSELBAAI NUUS - Nooddienswerkers van Mosselbaai moes hulp verleen by 'n ongeluk op die Herbertsdale-pad wat om ongeveer 17:00 vanmiddag plaasgevind het.
Drie voertuie, twee sedans en 'n bakkie, was in die ongeluk betrokke.
Daar is geen ernstige beserings aangemeld nie.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend en sal ondersoek word.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
Op die toneel na die ongeluk. Foto's: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'