MOSSELBAAI NUUS - Twee besighede het gister vals bomdreigemente op Mosselbaai ontvang.
In die eerste voorval het ‘n werker van ‘n winkel wat teëls verkoop gisteroggend die dreigement per epos gekry.
Polisiewoordvoerder Kaptein Malcolm Pojie sê nóg ‘n bomdreigement is met dieselfde modus operandi aan ‘n verfwinkel by De Bakke gisteraand voor middernag gestuur.
Hy sê die verdagte het in biede eposse gedreig om die bomme te laat afgaan.
Die pad tussen De Bakke en Diazstrand is gisteraand vir ‘n geruime tyd gesluit terwyl die polisie se plofstofeenheid die toneel gefynkam het.
Pojie sê die Da Gamaskop polisie ondersoek ‘n saak van die maak van ‘n valsbomdreigement.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'