Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Johanna Maria Badenhorst (née Jansen van Rensburg) is op 24 November 1917 op Hopetown gebore en het daar skoolgegaan.
Tans is sy ‘n inwoner by die Hartenbos-versorgingsoord.
Vandag, 24 November vier sy 103 geseënde jare.
Na matriek het sy verpleegopleiding by die staatshospitaal op Kimberley ontvang.
Kyk 'n video hieronder:
Stafverpleegster Gail Schultz (gehurk) en Suster Ebenya Maritz (heel regs) hier by tannie Jane Badenhorst en ‘n klomp vriende. Foto: Jannie du Plessis
*Lees meer oor tannie Jane in hierdie week se uitgawe van die Mossel Bay Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'