MOSSELBAAI NUUS - Inwoners van Mosselbaai het onlangs op sosiale media 'n debat gevoer nadat 'n vrou gekla het oor 'n plaaslike restaurant wat 'n 10% fooi vir die kelners by die bedrag van die kosrekening bywerk. Kliënte kry dus die rekening met die reeds bygewerkte fooi vir die kelner se diens.
Die vrou het geskryf: "Ek gee 'n fooitjie vir 'n kelner vir goeie diens, nou word ek gedwing om 'n fooi te gee, of ek nou na wens bedien is of nie."
Ander inwoners het gesê hulle gee altyd 'n 10% fooi omdat kelners hard werk en afhanklik is van die fooitjies wat hulle kry.
Voorsitter van die Mosselbaai-besigheidskamer, Albert Wiffen sê dit staan 'n restaurant vry om 'n reeds bygewerkte 10% fooi vir kelners op die rekening te sit. Hy sê egter dit is nie die standaard nie.
"Die kliënt moet besluit of hy/sy die kelners wil ondersteun aldan nie."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’