Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Dirk Kotzé, voorsitter van die DA-op Mosselbaai en wat ook die afgelope tyd voor die munisipale raad se ampstermyn geëindig het, as waarnemende burgemeester opgetree het, het vandag, 3 November met die span nuutverkose DA-raadslede gesels oor onder meer sy verwagtinge vir die volgende vyf jaar.
Die DA het tydens die munisipale verkiesing 66,23% van die stemme op hulle verenig in die groter Mosselbaai.
Jaco Londt, provinsiale voorsitter van die DA het tydens die byeenkoms in die munisipale raadsaal bekendgemaak dat dié stempersentasie die hoogste vir die DA landwyd is.
VIDEO: Groot vreugde in DA kamp oor Mosselbaai uitslag
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'