MOSSELBAAI NUUS - Agt wyne van Jakkalsvlei is tydens die pas afgelope internasionale Michelangelo-toekennings wat verlede naweek in Kaapstad gehou is, bekroon. Dit volg kort nadat Jantjie Jonker, eienaar van Jakkalsvlei-wynplaas deur die Mosselbaai Besigheidskamer op 21 September tydens die organisasie se jaareindfunksie benoem is as die 2018-wenner in die kategorie vir groot besighede.
Die pryse toegeken sluit in: Lord Jackal Trop (platinum); Jakkalsvlei River Cuvee, Jakkalsvlei Red Muscadel, Jakkalsvlei Hanepoot, Lord Jackal Cabernet Franc, Lord Jackal Chardonnay (goud); Jakkalsvlei La Perlé Rosé, Jakkalsvlei Sauvignon Blanc (silwer).
Beoordelaars van regoor die wêreld is betrokke by die gesogte Michelangelo-toekennings, wat bekend staan as die grootste wynskou in Suid-Afrika.
"Dit is baie lekker om te kon huis toe kom met agt pryse. Dis die meeste toekennings wat ons nog gekry het," sê Jantjie Jonker.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'