Asma is een van die mees algemene respiratoriese siektes in die wêreld. Dit affekteer een uit elke 10 kinders en een uit elke 20 volwassenes.
Dit kan op enige ouderdom vir die eerste keer voorkom selfs in volwassenes, maar dit begin gewoonlik voor die ouderdom van vyf jaar. Die helfte van die geaffekteerde kinders sal dit gedurende die tienderjare ontgroei. Dit kan later wel weer te voorskyn kom.
As dit goed gekontroleer word kan die persone 'n normale lewe van sport en ander aktiwiteite lei. Die grootste tragedie van asma is dat dit soms nie herken en behandel word nie, en die pasiënt dan onnodig swaarkry en moontlik longskade kan opdoen. Asma is geneig om in families oorgedra te word.
Wat is die simptome van asma?
Hoes, gefluit in keel, benoude bors, kortasemigheid en vererger dikwels snags en na oefening.
Hoe kan asma my lewensgehalte raak?
- Nagsimptome versteur slaap.
- 'n Asma-aanval kan ook na 'n lagbui ontstaan.
- Oefening word benadeel.
- Werk- of skooldae word gemis. (Om 'n gesinslid of kind met asma te hê, lei ook tot afwesigheid van werk omdat daar na hierdie persone omgesien moet word.)
- Akute aanvalle is gevaarlik en duur.
Die grootste tragedie van asma is dat dit soms nie herken en behandel word nie, en in die geval ly die pasiënt onnodig.
Die werklike oorsaak van die asmatiese proses word nie werklik begryp nie, maar daar word gemeen dat dit aan die gang gesit word deur 'n allergie of wanneer die longe deur iets in die lug geïrriteer word.
Hoe word asma behandel?
Volgens kenners kan asma nie ten volle genees word nie, maar met die regte behandeling sal die meeste asmalyers heeltemal normale lewens
lei. Die doel van die behandeling moet wees om die longe en asemha-lingspype so normaal as moontlik te laat funksioneer sodat die simptome minimaal is en daaglikse bedrywighede so min as moontlik ontwrig word.
Twee soorte medikasie
Daar is twee soorte asma medikasies naamlik voorkomende en verligtende medikasie.
Voorkomers
Hierdie medikasie bied beskerming teen asma aanvalle deur voorkoming van inflammasie. Die beskermende effek van hierdie behandeling word opgebou oor 'n tydperk en bly behoue indien voortgegaan word om die medikasie gereeld te gebruik. Die medikasie moet dus daagliks geneem word, al voel die persoon ook goed. Die grootste fout wat pasiënte maak is om te dink dat hulle asma genees het wanneer hulle nie meer simptome ervaar nie en dan hulle behandeling staak.
Verligters
Hierdie medikasie sal onmiddellik verligting bring vir moeilike asemhaling gedurende 'n asma aanval. Dit werk vinnig deur die spiere rondom die lugweë te verslap en bied gewoonlik gou verligting van simptome. Dit word gewoonlik alleen of in kombinasie met voorkomende behandeling gebruik.
Moenie iemand anders se asma medikasie probeer sonder om eers u eie dokter te raadpleeg nie. Alhoewel meeste mense met asma 'n vol en normale lewe ly, is daar enkele mense met brose of sensitiewe asma wat die risiko het om te sterf tydens 'n akute asma aanval en as hulle eers geïdentifiseer is moet hulle sorgvuldig deur hulle dokters op 'n gereelde basis gemonitor word.