MOSSELBAAI NUUS - "Julle is kosbaar en spesiaal vir ons. Ons sien julle raak." Só is die 80 plussers by die NG Moedergemeente in Mosselbaai verwelkom op 'n spesiale tee net vir hulle en hul lewensmaats.
Die tee het op 29 Januarie in die Klipkerk plaasgevind en die seniors is vergas op 'n modevertoning van klere uit vervloë jare, afkomstig van Joan en De Waal Carstens se winkel DéjàVu Vintage House in Marshstraat.
Joan het almal met haar vertellings op 'n nostalgiese reis deur die Twenties, Thirties en Sixties geneem en die modelle van Frieda van der Walt het met verleidelike stappies tussen die gaste deur getrippel.
Daarna was daar liplekker verversings, lekker gesels en gelukstrekkings. Die oudste lidmaat teenwoordig was 93 jaar oud. "En volgende jaar maak ons hopelik weer so," sê Marie van Nierop.
Die modelle.
Liplekker verversings, lekker gesels en gelukstrekkings was die orde van die dag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'