Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Mosselbaai Gemeenskaps Polisie Forum (GPF) in samewerking met die SAPD en buurtwagte werp werklik alles in die stryd om die talle vakansiegangers in Mosselbaai veilig te hou.
Vanoggend het die perde-patrollie en vierwiel motorfietse saam met Captain Crime Stop deur die karavaanparke van die De Bakke Santos Oord gery om pamflette met noodnommers uit te deel.
Kinders het ook roomyse van Mosselbaai se eie Captain Crime Stop ontvang.
Hy het ook ‘n kort rit op die Dias Express onderneem net om seker te maak dat alles daar klopdisselboom verloop.
Kyk 'n video hieronder:
Vier van die ses ruiters en hul pragtige perde het die wonderlike sonskyn dag gebruik om vakansiegangers veilig te hou.
Kinders het nader gestaan om die perde en vir Captain Crime Stop te ontmoet waarna hulle n heerlike roomys ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'