MOSSELBAAI NUUS - Die maandeinde-inkopies het groot voordeel gebied vir Kansa se Shavathon wat die naweek in Mosselbaaise winkelsentrums plaasgevind het.
Kansa-vrywilligers het behoorlik bontgestaan by die ingang na Checkers in die Mosselbaai Mall. Vrywilligers het ook hulle deel gedoen in die Langeberg Mall.
Klein en groot het nie geskroom om hulle solidariteit in die stryd teen kanker kop toe te vat nie en daar is gespuit en geskeer na hartelus.
Die kleinspan was ewe spoggerig met hulle kleurvolle koppies. Foto's: Cornelle Carstens
Die vrywilligers neem 'n blaaskans tydens die harde werk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'