Globe inafrica is 'n nie-winsgerigte omgewingsprogram wat die Brettenny's baie na aan die hart lê en dit word onderverdeel in drie boustene - omgewing, afvalbestuur en gesondheid.
@ Peace is gebore uit die gesondheidsbeen.
Dit is 'n 12-bed versorgingsentrum wat bestaan uit 'n manssaal met vyf beddens, 'n damessaal met vier beddens en 'n ekstra dubbel- en enkelkamer.
Verskeie pasiënte word geakkommodeer by @ Peace - Terminale, Sub-Akute en Palliatiewe pasiënte.
Hulle het ook 'n rus-program vir naasbestaandes wat bystand verleen aan siek pasiënte en wat self ook rus benodig en kragte wil opbou.
Gratis verblyf word vir gemiddeld 21 dae aan kliënte verskaf wat 'n volledige liggaamlike versorgingsdiens met drie gebalanseerde etes, die was van wasgoed en 'n gratis vervoerdiens van en na die Provinsiale Hospitaal insluit.
Die sentrum is ten volle toegerus en het 'n suster, drie verpleegsters, 10 versorgers, 'n kok, 'n ontvangsdame en twee skoonmakers in diens. 'n Dokter is ook op 24 uur bystand.
Die @ Peace Care Centre wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om hul dank te betoon aan dr Vernon Julius, Willy Ackerman (die Ambulans Bestuurder van LifeCare Medics ), suster Petro Meyer (Provinsiale Hospitaal), Elsje Kritzinger (Arbeidsterapeut), Wendy Moodien (Fisioterapeut), Pastoor Klaaste en laaste, maar nie die minste nie, Leigh-Roy wat verantwoordelik is vir die vervoer van personeellede en pasiënte.
Op Woensdag, 14 September het hulle 'n spogfunksie gehou ter viering van die sentrum se eerste herdenking en alle betrokke partye was teenwoordig.
"Dankie aan die volgende individue en besighede vir jul donasies: Foto First, Foschini, Neo Haarsalon, Mugg & Bean, CP Nel Motors, Mr Price, Lenise Hendricks, Edgars, Cape Union Mart, die Poskantoor, Nando's, Johan Stander, Bernadette Meyer, mnr Zwiegelaar, Melita Brinkhuis, FB Chemicals, Midas, Vodacom, On the Dot, Wellness World, Eunice Valentine, Spur, Pastoor Klaaste, Alfred Julius, Nerine Jacobs, L Thomas asook Wimpy in die Langeberg Mall."
Soos genoem is @ Peace Care Centre 'n nie-winsgerigte organisasie en enige donasies sal waardeer word.
Vir meer inligting, kontak 044 691 1108.
Die personeellede van @ Peace Care Centre in ligte luim tydens 'n onlangse funksie.