MOSSELBAAI NUUS - Die Suid-Kaap Fynproewersgilde en hulle gaste vier 'n vroeë Moedersdag op Donderdag, 9 Mei om 08:30 vir 09:00 by Café Gannet in Mosselbaai.
Gareth Shippen, bygestaan deur Karen du Plessis, is die sjefs by hierdie geleentheid.
Gareth is sedert 2008 hoofsjef by Café Gannet. Karen bedryf 'n byderwetse kookskool (Kitchen Queen Food Studio) in George waar spesialiteitsklasse op 'n besondere wyse aan die gewone mens aangebied word.
Die volgende geregte sal by die geleentheid gedemonstreer word: vrugte-sushi met doopsous, beet-en-salm-gravadlax met aartappel-rosti, soufflé met drie kase en gekaramaliseerde spek en laastens groen tee-makrolletjies met heuningbos-panna cotta.
Ann Strauss sal spogwyne uit die kelders van Jakkalsvlei vir proe aanbied om hierdie geregte te komplementeer.
Dit gaan 'n uithalerdemonstrasie wees met baie om te geniet en te leer van ervare sjefs. Gaste is welkom.
Kontak Elaine Louw (083 263 5417) om plek te bespreek. 'n Kaartjie is R170.
Gareth Shippen is sedert 2008 hoofsjef by Café Gannet.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'