Video
GROOT BRAK-RIVIER NUUS EN VIDEO - Die Wes-Kaapse minister van finansies, Ivan Meyer het vandag twee ouetehuise op Groot-Brakrivier besoek.
Meyer het by inwoners van die Reebok- en Groenkloof aftreeoord aangeklop. Hy sê dit is vir hom belangrik om met senior burgers in kontak te bly.
Meyer het spesiaal besoek by me. Julie van Ryneveldt wat reeds vir etlike jare ‘n lid van die DA is, asook me. Rinie Loock wat reeds 95 jaar oud is, afgelê.
Van Ryneveldt en Meyer het heerlik in haar sitkamer gesels en sy het ook vir hom en sy gevolg uit haar Bybel gelees.
Meyer het op sy beurt Van Ryneveldt se Bybel gevat en vir haar ‘n paar gedeeltes wat vir hom belangrik is gelees.
Die besoek in Wyk 4 van raadslid Annatjie Janse van Rensburg is afgesluit met ‘n middagete in die Groenkloof aftreeoord se eetsaal.
Groenkloof inwoner Julie van Ryneveldt het ernstige hartsake met dr Ivan Meyer in haar woonkamer bespreek.
Luister na die Wes-Kaapse minister van finansies, Ivan Meyer hieronder.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brak-Rivier, Tuinroete nuus'