"Dit is ons droom om vir volwasse persone vanaf 20 jaar en ouer 'n veilige en ondersteunende fasiliteit op die been te bring waar hulle hulle skeppend kan uitleef, sosialiseer, menswaardig kan funksioneer en binne hul vermoë 'n bydrae kan lewer."
Die langtermyn doelwit is om 'n versorgingseenheid daar te stel waar inwoners kan tuisgaan tot hulle die ouderdom van 60 bereik en in aftreeoorde verder versorg kan word.
"Ons het reeds verskeie groepe wat gereëld bymekaarkom om individuele aktiwiteite te doen, botcha te speel en sommer te kuier. Daar is egter 'n groot behoefte vir 'n groter fasiliteit om die diens wat aan die behoefte van die omge-wing sal voldoen, te bied.
"Ons nooi alle persone met gestremdhede, hulle ouers en familie, die gemeenskap en besighede in die Mosselbaai omgewing om saam met ons 'n verskil in hierdie mense se lewens te maak.
"Kom besoek ons by ons werkswinkel in Heiderand en kom deel jul vaardighede, idees vir fondsinsameling en voorstelle vir moontlike projekte vir die werkswinkel met ons. Julle ondersteuning en bydrae sal help om persone met gestremdhede se lewe sinvol en beter te maak.
"Ons kantoor is in die Golden Rendevous-gebou, hoek van Louis Fourieweg en Essenhoutstraat, Heiderand en die kontaknommer is 044 693 2478."
Love and compassion are necessities, not luxuries. Without them, humanity cannot survive - Dalai Lama.

Lede van Mosselbaai APD tydens die onlangse Diasfees.

Mosselbaai APD het einde verlede jaar 'n sportdag vir hul lede gehou.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'