KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Die VLV Klein-Brakrivier-tak vergader op Dinsdag, 31 Julie om 14:30 in die Reebok-gemeenskapsaal.
Die sameroeper is Elrina van Zyl van opvoeding.
Minnie van Interwaste in Hartenbos gaan lede inlig oor die hergebruike van afvalmateriaal terwyl Dalene Cloete 'n interessante item gaan lewer wat die lede ook sal betrek.
Lede word gevra om mastektomiesakkies en benodigdhede vir Kansa saam te bring sodat die projek afgesluit kan word.
Plastiekproppies en broodknippies, asook iets vir Pandorasboks is welkom.
Die leuse vir die maand is: "Môre begin vandag - leef dit."
Die maandkompetisies vind plaas soos vir Julie en inskrywings moet tussen 12:45 en 13:15 ingehandig word. Kompetisie inskrywings: raadpleeg gerus jou VLV-boekie.
Lede word aanmoedig om die vergadering by te woon en nuwe lede is welkom. Gaste baie welkom teen R20 per persoon.
Vir enige inligting, kontak vir Elrina van Zyl (072 363 9793).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'