MOSSELBAAI NUUS - Kleuterskole in die groter Mosselbaai het weer hard gewerk om vanjaar betyds hulle inskrywings vir die Dias- en Hawefees se kunskompetisie te voltooi.
Vanjaar was die opdrag dat die kleuters met hulle kunswerke hulle erfenis moet uitbeeld, juis aangesien die Dias Museum vanjaar hul 30ste bestaansjaar vier.
Bestuurslede van MOKKA (Mosselbaai Kreatiewe Kulture Assosiasie), Petronel Baard en Cornelle Carstens het die beoordeling waargeneem in samewerking met munisipale amptenare by die munispale kantore op Hartenbos.
Die pragtige kinderkuns kan Donderdagaand, tydens die kultuur-, asook openingskonsert van die Diasfees in die stadsaal vanaf 18:00 besigtig word. Die wenners in die kompetisie word ook tydens die geleentheid aangekondig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'