MOSSELBAAI NUUS - 'n Mosselbaaier, Marlene Smit het die laaste vyf jaar haar hart oopgemaak om kinderhartjies met Kersfees te verbly.
As deel van die Santa Shoebox-projek samel sy jaarliks meer as 100 geskenkpakkies vir kinders in. Santa Shoebox se personeel versprei dit dan aan geïdentifiseerde kinders in kinderhuise en huise waar die ouers nie die geskenke kan bekostig nie.
Smit het vyf jaar gelede 50 geskenkbokse ingesamel. Vanjaar het sy 118 oorhandig aan die organiseerders van Santa Shoebox.
"Dis vir my lekker om by die projek betrokke te wees. Die kindertjies sit op plekke en in omstandighede waar hulle absoluut niks vir Kersfees kry nie. Die geskenke doen hulle die wêreld se goed."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'