LEEFSTYL NUUS - Die nommer een kanker wat 1 uit 18 mans in ons land raak, ontwikkel dikwels sonder enige simptome gedurende die vroeë fases van die siekte. Wanneer die kanker egter in 'n gevorderde fase is, sal simptome soos die volgende heel waarskynlik ondervind word - ongemak en probleme om te urineer, urine wat lek, bloed in die urine en pyn in die bene.
As prostaatkanker vroeg genoeg gediagnoseer en behandel word, is die prognose van die siekte dikwels goed.
Is die tweede mees algemene kanker en tref ongeveer elke 75ste man uit elke 100 000 in Suid-Afrika. Gedurende die vroeë fases van die siekte is simptome nie teenwoordig nie, maar wanneer simptome wel voorkom, veroorsaak die siekte 'n verandering van dermgewoontes, rektale bloeding, maagpyn, swakheid en gewigsverlies.
Die derde mees algemene kanker by mans is longkanker wat gediagnoseer word by elke 76ste man uit 100 000 mans in Suid-Afrika. Simptome van longkanker sluit die volgende in: kortasem, aanhoudende hoes, 'n verandering van speeksel of slym, borspyn, luide asemhaling, heesheid en die hoes van bloed.
Rook is die mees algemene voorkombare oorsaak van longkanker en die beste manier om die siekte te verhoed, is om nie tabakprodukte te gebruik nie, om dadelik op te hou rook en om tweedehandse rook te vermy.
Kaposi sarkoom (KS)
Die mees algemene Vigs-verwante kanker wêreldwyd is kaposi sarkoom (KS), wat die vierde mees algemene kanker onder mans in Suid-Afrika is. Ongeveer 1 uit 315 mans word deur KS geaffekteer. Simptome van die kanker is kolle van abnormale weefsel wat onder die vel, in die voering van die mond, neus, keel en ander organe groei. Ongeveer 'n derde van mense met klassieke KS ontwikkel ander kanker wat dodelik kan wees.
Blaaskanker
Die vyfde mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse mans is blaaskanker wat elke 148ste man uit 100 000 mans affekteer. Die grootste risikofaktor wat vermy kan word, is rook, wat die kans om met blaaskanker gediagnoseer te word, verdubbel.
Geen siftingstoets is beskikbaar nie, maar bloed in die urine, 'n verandering van die kleur van urine, die behoefte om meer gereeld te urineer en 'n brandpyn wanneer 'n persoon urineer, is 'n paar van die simptome van blaaskanker.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'