MOSSELBAAI NUUS - Restaurante wat nog deel wil vorm van Mossel Bay Soul Festival, wat nie net in Mosselbaai nie maar ook in die groter Mosselbaai-area gaan plaasvind, het nog net vandag om die organiseerders te kontak.
Dié opwindende dorpsfees waarna Mosselbaaiers kan uitsien, is die Mossel Bay Soul Festival wat op 13 en 14 Julie in en om die dorp sal plaasvind.
‘n Opwindende program, wat onder meer optredes deur Anton Goosen en Gian Groen, die Wasgoedlyn en die wenners van Mossel Bay’s Got Talent sal insluit, om nie eens die lekkerste kos, koffie, wyn, jenewer en ander smaaklike versnaperings te noem nie, gaan gewis ‘n gewilde trekpleister wees.
Belangstellende eienaars of bestuurders van restaurante moet vandag nog kontak maak met Rozain Hansen (rhansen@mosselbay.gov.za of 072 190 8927).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'