So watter sektore het naaste aan die publiek se harte gelê? 34% van die deelnemers het 'n C-plakker gekies, wat kinders verteenwoordig, so kinders was die sektor wat die meeste ondersteun is.
Die organiseerders van hierdie veldtog, The Marketing Team, het oorweldigende terugvoer van dankbaarheid ontvang omdat hulle so 'n eenvoudige en lae-risiko fondsinsamelingsveldtog geloods het.
Bev Seabourne van Highveld Horse Care sê: "Uiteindelik is daar 'n nasionale fondsinsamelingsprojek waarby diere ook kan baat en ons is dankbaar om deel te kan wees daarvan.
"Ons diens aan perde en donkies help egter veel meer as net die diere, want 'n gesonde perd of donkie sorg dat daar 'n inkomste is, kinders kan skool toe gevat word en water en steenkool kan aangery word. Lank leef Tekkie Tax."
Hierdie jaar bied die Tekkie Tax-span jou weer 'n geleentheid om te wys waar jou hart lê op Vrydag 30 Mei. Lede van die publiek word gevra om 'n Tekkie Tax plakker aan te skaf vir 'n R10 donasie.
Daar is vyf verskillende plakkers om van te kies, elkeen verteenwoordig 'n spesifieke afdeling van dienslewering. Afhangende van waar jou hart lê, kies jy een of meer van die afdelings wat jy wil ondersteun met jou R10 plakker donasie:
- Allerande DIERE
- Basiese FAMILIE-dienste
- Cool KINDERS
- Dienslewering aan GESTREMDES
- Essensiële ONDERWYS
Jy kan selfs jou tekkies optooi deur 'n paar van hulle super oulike skoenveters "Tekkie Tags" aan te skaf vir 'n R30 donasie (en die plakker van jou keuse is ingesluit).
Al die begunstigde organisasies bied 'n diens in Suid-Afrika.
Hulle is spesiaal uitgesoek om te verseker dat jou donasie in die beste moontlike manier gebruik sal word, ongeag van die sektor wat jy ondersteun.
Ondersteun Tekkie Tax dag op Vrydag 30 Mei.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'