Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Inwoners van Benevolent Park, pragtig getooi in wit en rooi vier vandag die liefde op Valentynsdag.
Die vol program van musiek en komiese vertellings, beide deur besoekers en die inwoners is deur almal, ook lede van die beheerraad baie geniet.
Inwoners is ook met heerlike drinkgoed bedien deur jongmense verbonde aan die Hillcrest Sekondêre skool se uitreikaksie en het boonop die kans gestaan om keurige geskenkies te wen met hul programbydraes.
'n Gelukkige dag.
ARTIKEL & FOTO'S: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'