MOSSELBAAI NUUS - Johnnie en Lottie van der Merwe is op 24 Mei 1958 in Aucklandpark, Johannesburg getroud.
Die egpaar het na hul aftrede hervestig in Hartenbos.
Hul is die ouers van vier kinders, waarvan twee ongelukkig reeds oorlede is. Johnnie en Lottie spog ook met ses kleinkinders en agterkleinkinders.
"Dis vir ons 'n groot voorreg om nog albei ons ouers by ons te hê. Hul is vir ons 'n inspirasie, voorbeeld en getuienis van wat ware liefde vir mekaar en ander is. Ons wens hul alle sterkte toe met die toekoms en hoop dat daar nog vele suksesvolle jare vir hul gaan wees."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'