Die doel van die hele projek is om elke inwoner bewus te maak van hul verantwoordelikheid teenoor hul bure, familie en mede inwoners.
Geweld in gesinsverband moet aangespreek en verhoed word. Deur die probleem te ignoreer, neem dit toe en lei dit tot 'n wanbegrip by kinders oor gesinslewe. Dit op sigself eindig weer in misdaad of lewensverlies. Die slagoffers het hulp nodig en oortreders behoort aan die pen te ry.
Die SAPD Da Gamaskop beskik oor 'n verteenwoordiger van CEF, Colleen Williams, wat slagoffers van raad sal voorsien en/of die prosesse sal verduidelik, indien nodig. Voorkoming is beter as nasorg.
Vir navrae kan Konst Vania Hendricks by die SAPD Da Gamaskop by 044 606 2200 gekontak word.
Hier is die groep tydens hul vertrek vanaf Da Gamaskop SAPD op 16 November. Saam met die groep is die Stasiebevelvoerder van Da Gamaskop, Kol Charmain van der Sandt, die Da Gamaskop Cluster GPF Voorsitter, mnr Pieter Killian, die Da Gamaskop GPF Voorsitter, mev Zelda Beukes en ander lede asook drawwers van die Laerskool Diaz Primêr wat saam met die groep vir 'n kort afstand gedraf het.