MOSSELBAAI NUUS - Weinig toeriste - selfs plaaslike inwoners - is bewus dat die roete na die gewilde tonnelgrotte op die St Blaize-wandelroete weer vir stappers toeganklik is.
Lank voor die nou befaamde grotte by Pinnacle Point internasionale aansien verkry het, het die Mosselbaaiers van ouds gereeld by die tonnelgrotte uitgespan.
Die paadjie na hierdie unieke grotte, waar besoekers van een kant deur 'n rotstonnel na die ander kant droogvoets kan stap, het mettertyd in onbruik verval en is eers weer vir die publiek oopgestel nadat die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee self in sy vryetyd die indringerbos op die paadjie daarheen verwyder het.
Op Vrydag, 1 September is die roete amptelik deur adv Giliomee en 'n voormalige raadslid, Nicky Lodewyks, heropen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'