Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Wykskomiteelede het vir oulaas in 2018 beide 'n kapasiteitsboubyeenkoms, asook 'n afsluitingsgala bygewoon. Die kapasiteitsboubyeenkoms op Saterdagoggend, 10 November het wye belangstelling uitgelok.
Wykskomitees is onder meer begeester om deel te neem aan die jaarlikse program van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Die gemeenskap word ook genooi om sorgsakkies voor te berei wat aan slagoffers van veral geweldsmisdaad uitgedeel kan word.
Donasies van seep, waslappe, tandeborsels en tandepasta en ander toiletware kan by die kassiere van die onderskeie munisipale kantore asook enige van die biblioteke afgegee word.
Daar is ook in groter detail inligting uitgeruil oor die gemeenskapswerkprogram (CWP) en die sukses wat in verskeie areas met gemeenskapstuine bereik word.
Hierbenewens was 'n bydrae deur die SA Inkomstediens baie insiggewend en die onderskeie wykskomitees kon daarbenewens hul insette lewer in die beleid- en wetlike raamwerk vir openbare deelname asook die geïntegreerde ontwikkelingsplan, alvorens projekprioritisering plaasgevind het.
Die speaker, Raadsheer Petru Terblanche, wat aan die hoof staan van die onderskeie wykskomitees, saam met wykskomiteelede Jeanetta Marais en Nicky Lodewyks.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'