TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Tonteldoos (ton-tel-doos) s.nw., tonteldose; tonteldosie. (histories) Kokertjie, meestal van koper gemaak, ong. 9 cm lank en gevul met tontel, wat ’n dekseltjie aan ’n kettinkie a.d. een kant het en a.d. ander kant ’n koperproppie wat maklik i.d. kokertjie beweeg om die tontel na bo te druk soos wat dit verbrand, en wat saam met ’n vuurslag gebruik is om ’n pyp, vuur, of dergelike aan te steek: Kleinbooi het my geleer hoe om met sy tonteldoos te werk: die vuurklip voor die bek van die tonteldoos te hou, met die vuurslag ’n vonkie in die tontel te slaan, saggies te blaas totdat dit gloei en die tontel dan op die twak in die pyp uit te kap (F.A. Venter: Kambrokind, 1979, 99).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’