MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief. Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
ronkedoor selfstandige naamwoord, ronkedoors. (ongewoon) (‹Portugees roncador, ``snorker'')
1 Olifantbul wat uit ’n trop verstoot is, of wat alleen hou: Ronkedoor is die naam wat die vroeë jagters aan die olifant gegee het in navolging van die geluid van sy waarskuwende trompetter (Insig, Februarie 1989, 46).
2 Manlike persoon wat asosiaal of afsydig is: Haar pa het navorsing gedoen oor die tsetsevlieg. Hy word die ronkedoor – die pionier wat van sy trop weggeloop en Afrika gaan verken het (Die Burger, 17 November 1988, 4).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'