MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief. Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
- sloertoer (sloer-toer) selfstandige naamwoord, sloertoere.
Reis wat rustig onderneem word, soms sonder baie beplanning vooraf, en waar verskillende plekke aangedoen word: Op 'n sloertoer gaan. 'n Sloertoer onderneem.
Moenie deur die Karoo wil jaag nie … Kom, ek neem julle op 'n sloertoer om besienswaardighede in hierdie dorre streek te besoek (Netwerk24, 14 Junie 2020, E).
In Die Roadtrip is die hoofkarakters Jaco en Belarus op die pad. Die plan is 'n sloertoer van suid na noord om 'n bietjie van alles af weg te kom (Netwerk24, 9 Mei 2019, E).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'