MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Wolwedansdam het na die goeie reën die naweek begin oorloop en is die hoofbron van water aan die Mosselbaai-munisipaliteit.
Die grootste riviere wat die Wolwedansdam voer is die Grootrivier, Varingrivier en Tweerivier.
Die Ernest Robertsondam is naby Jonkersberg geleë en voer die Grootrivier. Vanaf die Wolwedansdam vloei die Groot-Brakrivier na die see.
Die dam is in 1990 voltooi en die wal is 70m hoog.
VERSKAFDE VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’