MOSSELBAAI NUUS - Die NG Kerk (Reebok) se vrouebedieningstaakspan het Woensdagaand, 12 Junie as gasheer opgetree vir Milan Murray. Sy is 'n bekende aktrise en het onder andere in Die Byl wat tans op kykNET te siene is, gespeel.
Haar praatjie se tema was, Laat jou onderrok uithang.
Sy het die vroue aangemoedig om hulself te bevry van allerlei onnodige en beperkende bande en die lewe meer te geniet.
Die ongeveer 180 vroue is by die deur met 'n glasie sjerrie en 'n malvalekker-op-'n-stokkie, gedoop in sjokolade verwelkom. Dit het dadelik die regte atmosfeer geskep vir 'n heerlike kuieraand.
Na die praatjie kon die gaste so kuier-kuier smul aan die karnavalkos wat vanuit vrolik versierde stalletjies bedien is. Daar was sliders, wors-op-'n-stokkie, doughnuts, springmielies en warm sjokoladedrankies met 'n malvalekker bo-op om te geniet.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'