DANABAAI NUUS - Die NG-gemeente Danabaai bied vanaf 16 tot 21 Julie 'n winter-ekspo aan. Die doel hiermee is om vir Mosselbaai en omgewing se amateur en professionele kunstenaars 'n geleentheid te bied om hulle kunswerke uit te stal en te verkoop. Kunswerke kan alles insluit van skilderkuns tot loodglaswerk tot houtwerk.
Daarmee saam word mense wat selfvervaardiging stokperdjies beoefen ook uitgenooi om hulle besondere talente en belangstellings te kom uitstal. Die klem van die uitsalling lê juis op self vervaardig. Die reëlingskomitee van die ekspo wil nie aangekoopte en massavervaardigde produkte laat uitstal nie, daar is genoeg ander vlooimakte in die omgewing wat daarvoor regstaan.
Die ekspo vind plaas in die Danabaai-gemeente se kerk. Stalletjies van 3x3 meter word aan elke uitstaller toegeken asook stoele en tafels. Die stalletjies word op Maandag, 16 Julie gereed gemaak sodat die expo op Dinsdagoggend kan begin. Die uitstaltye is vanaf Dinsdag tot Vrydag vanaf 10:00 tot 18:00 en op Saterdag vanaf 10:00 tot 13:00.
Die uitgestalde ware is veilig binne die kerk wat voorsien is van 'n alarmstelsel, sodoende hoef die uitstallers nie elke dag op te pak en die volgende dag weer alles uit te pak nie. Saam met die uitstalling word 'n teetuin aangebied waar besoekers kan kom ontspan met 'n lekker koppie tee en koek.
Inskrywingsvorms vir uitstallers kan by die kerkkantoor gekry word en moet dan voor of op 29 Junie terugbesorg word. 'n Foto van die kunswerke/stokperdjie wat uitgestal gaan word moet saam met die inskrywingsvorm ingehandig word. Hierdie foto's kan ook elektronies na die onderstaande e-pos adres gestuur word.
Die kostes verbonde aan die uitstalling is R150 vir die hele tydperk se uitstalruimte, asook 'n 10% donasie aan die gemeeente van die uitstaller se totale verkope van die week.
Vir alle inligting kan Leone Geldenhuys (084 703 8184), Wehan Geldenhuys (072 326 0901) of die kerkkantoor (044 698 1977) gekontak word. Navrae wat per e-pos gerig word kan gedoen word by: w.g@telkomsa.net.
"Ons gemeente nooi alle kunstenaars en besoekers uit om die week ons gemeente se winter-ekspo te kom ondersteun te besoek. Julle gaan beslis Danabaai-gemeente se warm vriendelikheid en gasvryheid beleef, en dalk net daardie kunswerk kry waarna jy al so lank soek."
'Ons bring jou die nuutste Danabaai, Tuinroete nuus'