Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Willem Le Grange se pampoen is nie 'n vrot pampoen nie.
Dit het hy vanoggend, Vrydag 26 Maart, bevestig toe die bielie van 'n pampoen deur Afrishore op die plaas buite Ruiterbos gelig en geweeg is.
Willem groei al sedert September, 2020 aan sy pampoen, wat hy Tornado gedoop het.
Die pampoen is vandag versigtig op 'n sleepwa gelaai en is nou onderweg na die kompetisie in Heidelberg.
Met die huidige wêreldrekord van 1 191,5kg en die Suid-Afrikaanse rekord van 860kg, is Willem baie opgewonde oor die kompetisie wat die naweek plaasvind.
Die Mossel Bay Advertiser weet wat Willem se pampoen weeg maar dit word vir eers geheim gehou tot na afloop van die kompetisie. Wat skat ons lesers, wat weeg Willem se pampoen?
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'