MOSSELBAAI NUUS - Die twee werknemers van Gastao’s Quality Foods op Mosselbaai wat Woensdagaand by Somerset-Wes met ‘n petrolbom gegooi is, is steeds geskok oor die voorval. So ook die eienaars en bestuurspan van die onderneming.
Een van die vragmotorbestuurders het sy sleutelbeen gebreek toe hy uit die vragmotor gespring het in ‘n poging om van die petrolbom te ontsnap.
Beeldmateriaal van kameras wat binne die vragmotor geinstalleer is wys die traumatiese voorval.
Die vragmotor het by ‘n rooiverkeerslig op die Broadlands-pad in Somerset-Wes gestaan tydens die aanval.
Die vragmotor het bevrore en gedroogte kos vervoer. Die rede vir die aanval is onbekend.
Dit blyk dat klippe eers deur die kantvenster gegooi is waarna die petrolbom deur die gebreekte ruit in die vragmotor gevolg het. Die twee slagoffers kon na die aanval daarin slaag om weer terug in die vragmotor te klim en na veiligheid te ry. Die petrolbom het nie ontplof nie.
Die polisie ondersoek ‘n saak van kwaadaardige beskadiging van eiendom.
Kameras in die voertuig wys die traumatiese voorval.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'