MOSSELBAAI NUUS - Kaptein Jacques Bosman van die Da Gamaskop-polisie geniet tans sy welverdiende ruskans na 41 jaar in diens van die SAPD.
Op 31 Januarie 2019, het kapt Bosman met verpligte pensioen gegaan op die ouderdom van 60 jaar. 'n Gepaste afskeidsfunksie is reeds vir hom gehou.
Tydens sy afskeid het kapt Bosman groot waardering uitgespreek teenoor sy kollegas saam met wie hy tydens sy loopbaan gewerk het, asook die bevelvoerders by wie hy baie geleer het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'