MOSSELBAAI NUUS - ‘n Waterpyp het langs die oprit vanaf die N2 na Riverside en Klein-Brakrivier (in die rigting van Groot-Brakrivier) gebars.
Sand en water is dwarsoor die pad gespoel.
Munisipale werkers het die pad gedeeltelik oopgemaak sodat die verkeer verby kan beweeg.
Verkeersbeamptes is ook op die toneel om die verkeer te reguleer. Werkers wag tans vir ‘n laaigraaf om die sand te verwyder. Motoriste in die omgewing word versoek om versigtig te wees.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'