MOSSELBAAI NUUS - Hoewel Mosselbaai as sodanig nie tans soveel waternood het soos ander dele in die die Wes-Kaap, moet inwoners van die dorp steeds met 'n bewussyn waterspaarsamigheid leef.
Pastoor Zaida Swart en haar man het hierdie spaarsamigheid 'n lewensingesteldheid gemaak. Kenneth Swart het 'n besparingstegniek waarvolgens hy 'n gat vir 'n 20 liter-emmer langs die drein gegrawe het.
"Al ons skottelgoed- en kombuiswater word opgevang en hiermee ek dan ons blomtuin besproei."
Danksy hierdie selfopgelegde maatreël spog Zaida Swart met 'n pragtige blomtuin.
Kenneth Swart vang huishoudelike, grys water op om sy vrou se tuin nat te lei.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'