Video
MOSSELBAAI NUUSFLITS EN VIDEO - Lede van Stranded Marine Animal Rescue Team (S.M.A.R.T.) en die NSRI het hierdie naweek hulle hande vol gehad.
Hulle het ‘n tog onderneem om die skedel van ‘n boggelrugwalvis, wat in Februarie gestrand het en waarvan die karkas uiteindelik by Pinnacle Point uitgespoel het, te gaan haal vir bewaring.
Die oorblywende stuk van die skedel is met sorg teen die steil helling vanaf die strand na die klubhuis gebring waarvandaan dit na die Dias Museum geneem is.
Hier is die span op die strand met die skedel voor hulle met die opwaarste staptog begin het.
Kyk 'n video hieronder:
VIDEO: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'