MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-polisiestasie se speurafdeling se aangenome kat, Kolonel Tiger word vermis.
Kolonel Tiger is in Junie 2016 gevind waar hy as straatkat gereeld waggehou het oor sy gemeenskap en die kantoor het hom ingeneem en as hul eie versorg.
Sy aanneem-ma, Anne-Marie van Huizen, 'n administrasie-beampte sê Kolonel Tiger is 'n week terug by die kantoor gesien.
"Hy het nog nie weer teruggekom nie en ons weet nie wat van hom geword het nie."
Enige inwoner wat weet wat van Kolonel Tiger geword het, word versoek om Anne-Marie te kontak (083 448 3350).
"Ons is rasend van bekommernis en mis die Kolonel se teenwoordigheid."
Verwante artikel: Kolonel Tiger steeds baas van die plaas
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'