MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai het met 'n soektog begin na vyf verdagtes wat 'n 18-jarige vrou vir 'n skamele R150 vermoor het.
Volgens die polisie, het die slagoffer, Annisi Meyer, op Saterdag, 29 Februarie omstreeks 04:00 in Aslapark saam met 'n vriend gestap toe hulle deur vyf mans genader is.
Die verdagtes het Meyer in die bors gesteek en R150 kontant gesteel voordat hulle gevlug het.
Die lem het ook Meyer se hart getref. Haar vriend het 'n ambulans ontbied, en sy is na die Mosselbaai provinsiale hospitaal geneem waar sy aan haar beserings beswyk het.
Die verdagtes is steeds voortvlugtig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'