Die projek het in November 2006 ontstaan toe daar geskenkies uitgedeel is (deur ma-en-dogter-span Marietjie en Lizette Loots) aan kankerpasiënte en kankervrywilligers in Groot-Brakrivier.
Die byeenkoms op 1 November by die Peperboom Restaurant in Groot-Brakrivier was seker die hoogtepunt van die ses jaar se byeenkomste en is Anina Wasserman (bekende operasangeres) en Pierre van der Westhuizen staande toegejuig.
Anina en Pierre het liedere soos When a Child is born, Stille Nag, Joy to the world, We wish you a merry Christmas en 'n Kers-keurspel gesing. Ander sangers betrokke by die oggend was Danie du Plessis, wat die klank hanteer het en Estelle Scott - plaaslike sangeres.
Die musiek en sang was van uitstaande gehalte, die geregte voorgesit deur Peperboom uit die boonste rakke en met die restaurant vol gepak met mense (van oor die hele Suid-Kaap) wat die Here lief het - was dit 'n oggend wat nog lank onthou sal word.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
Pierre van der Weshuizen, Estelle Scott, Danie du Plessis en Anina Wasserman het die gaste met hulle pragtige sang vermaak.