MOSSELBAAI NUUS - Die vullisbestuurspan van die Mosselbaai-munisipaliteit het die afgelope week twee projekte aangepak.
Skoonmaakspanne was te voet besig om vullis in die moeilik bereikbare gebiede in New Rest, Aslapark te versamel, terwyl die gereelde skoonmaak-aksie by die taxistaanplek in die sentrale sakekern in Mosselbaai ook plaasgevind het.
Vullisbestuurspanne het hierdie maand verskeie opvoedkundige pogings aangepak in 'n poging om die gemeenskap op te voed as deel van die strategiese doelwit om 'n gesonde omgewing te skep. Dit het deur-tot-deur besoeke in die gemeenskap ingesluit om inwoners te sensiteer oor hulle rol in die gemeenskap ten opsigte van effektiewe vullisbeheer.
Rommel soos hierdie is nie net onooglik nie maar skep 'n gesondheid gevaar vir mens en dier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’