MOSSELBAAI NUUS - Dit is nou al vir meer as twee jaar wat die vier vroue vrywillig met hulle eie projek begin het.
Met die stokperdjie wat hulle het, het hulle begin om vir vroeggebore babas warm kleertjies te brei.
Volgens die vier vroue word elke steek met die grootste liefde gedoen.
Hulle het vir meer as 150 gebreide items gemaak, onder andere truietjies en broeisakkies.
Die items is aan die Tygerberg-hospitaal se baba-afdeling geskenk.
Hulle vra baie mooi vir enige persone wat dalk oortollige wol het, om dit by Judith Saayman (082 474 5768) af te lewer, want hulle wil bitter graag voortbou met die vrywillige projek vir babas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'