MOSSELBAAI NUUS - 'n Heerlike Vrouemaand-geleentheid is op Saterdag, 8 Augustus deur 25 vroue van Highway Park geniet.
Haidee Sias, wat een van die vyf organiseerders was, sê: "Dit sou aanvanklik eers vir net 20 minderbevoorregte vroue wees, maar namate het die lys langer geword en het ons 25 vroue genooi.
"Ons visie vorentoe is om volgende jaar na die jongmense wat aan dwelms verslaaf is uit te reik en ons glo, met die hulp van die Here, dat ons suksesvol met hierdie doelwit sal wees."
Haidee sê dat 'n sopkombuis deur twee van die vroue wat deel van die verrigtinge was, Nicola Oktober en Nolene Smith, gestig is. Daarna het Haidee, Maria Karelse en Susan Seconds hulle gewig ook bygevoeg. Raadslid Rosina Ruiters het die samekoms bygewoon.
"Ons het hierdie verrigtinge binne drie dae gereël," sê Haidee.
Van die vroue wat by die samekoms teenwoordig was.
Die vroue wat verantwoordelik was vir die verrigtinge was Maria Karelse, Nolene Smith, Haidee Sias, Nicola Oktober en Susan Seconds. Hier is hulle saam met raadslid Rosina Ruiters (swart baadjie).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'