Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Talle motoriste se rit op die N2 rigting Kaapstad is Dinsdag onderbreek toe 'n voorstaandiens digby PetroSA gehou is ter herdenking van Vrouedag.
Hoewel die meeste van die wetstoepassers aan diens dan ook vroue was, is enkele mans ook opgemerk waar hulle fluks gehelp het met die talle take wat van hulle vereis is.
Onder aanvoering van die bevelvoerder van die KwaNonqaba-polise, lt kol Azisa Madongana het vrouelede van polisiestasies van die groter Da Gamaskop-polisiesone baie nou saamgewerk met provinsiale verkeersinspekteurs en is talle voertuie deursoek, lisensies nagegaan en waardevolle wenke - selfs geskenkies - aan motoriste uitgedeel.
Een persoon, wat homself as regter Bertou Fourie bekend gestel het, was baie beïndruk met die vriendelike diens deur verkeersinspekteur Danie J van Rensburg. Vakansiegangers, sakelui en afleweringspersoneel inkluis, die motoriste wat voorgekeer is terwyl die Mossel Bay Advertiser op die toneel was, het vriendelik reageer op die wetstoepassers se versoeke.
"Inisiatiewe soos hierdie hou al die padgebruikers veiliger, dit verg dalk bietjie tyd, maar gee ook geleentheid om bietjie bene te rek," het een motoris skertsend opgemerk.
Volgens kol Madongana was die wetstoepassers bedag op enige wetsoortreding en is die geleentheid ook gebruik om misdaadvoorkomingswenke met die motoriste te deel.
Kyk 'n video hieronder.
Vrouelede verbonde aan die Da Gamaskop-polisiesone het Dinsdag 'n gesamentlike voorstaandiens op die N2 naby PetroSA gehou om motoriste se lisensiebesonderhede na te gaan, voertuie se padwaardigheid en lisensiëring te inspekteer en goeie advies uit te deel.'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'