MOSSELBAAI NUUS - Die plaaslike groep wat Concerned Women of South Africa verteenwoordig, het op Mandeladag deur middel van vier verskillende projekte na die gemeenskap uitgereik.
Hulle het pakkies by die Mosselbaai provinsiale hospitaal gaan uitdeel vir mammas en hul pasgebore babas en sommer ook die verpleegpersoneel met 'n drinkdingetjie bederf.
Verder het hulle in die sameroeper, Donalda Bamtan se komvandaan, die Laakie saam met kinders rommel in die strate gaan optel waarna die kinders ietsie gekry het om te geniet.
Daar is ook kospakkies by behoeftige gesinne in Groot-Brakrivier en Powertown uitgedeel. Een van die groep se jongste ondersteunders is die vyfjarige Amy Rose Constance. Sy het ywerig gehelp om pakkies saam te stel en tree as 'n ambassadeur vir die groep op.
Powertowners staan nader om 'n bederfie op Mandeladag te ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'