MOSSELBAAI NUUS - Sowat 17 vroue van Scrapbook Haven het tydens 'n Vrouemaand-naweek, vroeg in Augustus, R5 000 vir die Biesie Mandjie-projek ingesamel.
Volgens Sonet Potgieter van Scrapbook Haven, wou hulle iets teruggee aan die gemeenskap om vrouwees te vier.
'n Veiling is gehou waarop vroue kon bie op 'n album wat deur Mare-liez Oosthuizen van Penelope Dee, ontwerp en gemaak is.
Biesie Mandjie is 'n organisasie wat enkelma's sonder enige ondersteuningsnetwerk, bystaan, om hul kinders met waardigheid te versorg. Volgens Elzmari Bekker, van Biesie Mandjie, is dit belangrik dat kinders die nodige opvoeding en ondersteuningsnetwerk kry om in goed gebalanseerde volwassenes te ontwikkel.
"Ons is baie dankbaar vir die skenking."
Daar is op die pragtige album wat Mare-liez Oosthuizen gemaak het, gebie.
Elzmari Bekker (links) van die Biesie Mandjie-projek saam met Sonet Potgieter van Scrapbook Haven.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'