Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mosselbaai Brand-, redding- en rampbestuurdienste is vanoggend ongeveer 11:30 na 'n brand ontbied in uitbreiding 6 waar die Wendy-huis agter in die erf van Cecilia Janse onverklaarbaar aan die brand geraak het.
Volgens Jansen bly haar twee dogters en hul kinders in die huisie en een het nog geslaap toe sy skielik wakker word van die vlamme. Sy is dadelik na buite maar het buite die huisie geval.
Volgens Jansen het haar kleinseun die baba uit die brandende huisie gered.
Niemand is beseer nie en die brand is geblus.
Jansen sê haar twee kinders en kleinkinders het alles in die brand verloor.
Enigiemand wat kan help met klere kan Charmaine Jansen kontak by 083 634 6804.
VIDEO: Vroue verloor alles in brand
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'